VONK MAGAZINE Ons bedank iedere en elk van julle wat die webtuiste gereeld kom besoek en moeite doen om met ons kontak te maak om opinies te lug en sommer net dankies te stuur. Julle ondersteunining en liefde vir Afrikaans, musiek en ons land se kunstenaars was en is vir ons almal hier by Vonk van onskatbare waarde.
Namens al ons kunstenaars ook baie dankie vir die ondersteuning met CD aankope en konsertbywonings of sommer net die moeite om te groet. Julle maak die pad vir ons vreugdevol en die tye wat ons met julle deel op en af van die verhoog af sal ons by bly.
Vonk se redaksie wil u hartlik bedank dat u ons lojaal gehelp het om VONK in Afrikaans te blaas. Laat die voorstelle en briefies inrol ons geniet julle briefies net soveel as wat julle die tydskrif geniet.
Mag u en al u geliefdes n warm kersfees beleef en mag 2007 vir ons almal BEVONK wees.
Die Bevonktespan
http://vonk.co.za In South Africa